Ons het ons woonstelkomplekse volgens sekere kriteria gekies. Belangrik vir ons was die ligging na die strand en die duine, asook aan inkopies en uitgaan moontlikhede, die grootte en aantal van die akkommodasie eenhede en natuurlik hul inwoners.
Die twee komplekse is in die middel 70’s gebou deur ‘n Fransman wat sy tamatielande vir toerisme opgeoffer het en dit met groot finansiële sukses gedoen het. Hulle is dus in die “ou” deel van Playa del Ingles geleë. Baie Duitsers, Oostenrykers, Switserse en ook Dene woon hier. Senior burgers wat die koue seisoen op Gran Canaria en die somer in hul onderskeie tuislande deurbring. Hier kan jy jou vakansie in rus en vrede geniet en perfek ontspan.
Die strand en die duine kan maklik en vinnig via die promenade bereik word en bied ‘n fantastiese natuurervaring.
Die winkelsentrums SANDIA, CITA, ANEXO II en JUMBO bied verskeidenheid met hul talle inkopie-moontlikhede, restaurante en kroeë.
VERACRUZ
Die woonstelkompleks Veracruz bestaan uit 18 eenhede met swembad en tuin. Ons woonstel is direk by die swembad geleë, hier kan jy perfek ontspan met die gemaklike sonbeddens of ‘n heerlike ontbyt geniet. Die woonstel is 40m² groot en perfek geskik vir 2 mense.
ATLANTIDA
Die woonstelkompleks Atlantida bestaan uit 12 eenhede met swembad en tuin. Ons twee woonstelle is elk 80m² groot, met ‘n baie lekker groot terras direk by die swembad en ‘n klein glasterras met tuinuitsig. ‘n Kombuisie, ‘n ruim leef- en eetarea, ‘n moderne badkamer en ‘n slaapkamer met baie pakplek maak hierdie woonstelle perfek vir langer verblyf.